Salvatore Quasimodo

 

Salvatore Quasimodo

 

Wind van Tindari

 

Tindari, ek ken jou

rustig tussen wye heuwels, teen die waters

van die god se lieflike eilande,

vandag loop jy my trompop

en buig tot in my hart.

 

Ek klim deur die winde teen die kranse,

op die spoor van die wind in die denne,

en vat hulle almal ligvoets saam,

duik die lug in,

‘n klankgolf, ‘n liefdesgolf,

en jy omhels my,

jy wie se donker my aangetrek het,

die angs van stilte,

die skuiling van onophoudelike heerlikheid,

en sterfte van die gees.

 

Jy ken nie die plek

waar ek daagliks afsink

en geheime woorde voed nie:

‘n ander lig sprei oor die glas

geklee in die nag,

en ‘n vreugde anders as myne

rus in jou skoot.

 

Die verbanning is swaar,

en die soektog na harmonie wat in jou

geëindig het, verander vandag

in ‘n voortydige verlange na die dood;

en elke liefde is ‘n skild teen smart,

‘n stil trap in die skemer

waar jy my plaas

om my bitter brood te breek.

 

Kom terug serene Tindari;

maak my wakker, liewe vriend

sodat ek van ‘n rots die lug kan invaar

en my die angs kan verbeel

van dié wat nie weet

watter intieme wind my deursoek het nie.

 

 

Vento a Tindari

 

Tindari, mite ti so

Fra larghi colli pensile sull’acque

Delle isole dolci del dio,

oggi m’assali

e ti chini in cuore.

 

Salgo vertici aerei precipizi,

assorto al vento dei pini,

e la brigata che lieve m’accompagna

s’allontana nell’aria,

onda di suoni e amore,

e tu mi prendi

da cui male mi trassi

e paure d’ombre e di silenzi,

rifugi di dolcezze un tempo assidue

e morte d’anima

 

A te ignota è la terra

Ove ogni giorno affondo

E segrete sillabe nutro:

altra luce ti sfoglia sopra i vetri

nella veste notturna,

e gioia non mia riposa

sul tuo grembo.

 

Aspro è l’esilio,

e la ricerca che chiudevo in te

d’armonia oggi si muta

in ansia precoce di morire;

e ogni amore è schermo alla tristezza,

tacito passo al buio

dove mi hai posto

amaro pane a rompere.

 

Tindari serena torna;

soave amico mi desta

che mi sporga nel cielo da una rupe

e io fingo timore a chi non sa.

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: