Ongepubliseerde gedigte

"Praat in morfeme" - digitale beeld deur De Waal

Bal jou woorde

Daar is ietwat
mens met woorde kan doen –

hulle laat bons soos balle
deur die tuin,
gejaag, vasgebyt
en teruggebring
om weer weg te skiet,
te beland in die kompos;
teruggebring te word,
nou weer effens anders.
effens vervorm
omring met nuwe reuke.

Gooi die bal,
bring dit baldadig terug,
wees Balder,
maak ’n nuwe wêreld.

 

……………………………

 

Halte om 03:11:39:0301027

Glip in die gleuf
tussen twee sekondes.

Dis stil hier, en koel;
blokke wat woorde vorm
leun log teen mekaar.

Stoffies skommel
gewigloos in die ligstreep,
ons noem hulle maar muone
by gebrek aan iets beters.

Die gedinkte
blink plate breed
tot anderkant die verte.

Die suikerbekkie hang gespalk
aan sy roerlose vlerke,
die afgevuurde koeël
se stomp punt
wys aan die voorpunt van die loop.

Glip uit die gleuf
tussen twee sekondes.
Bloed bulder
deur die aortaklep.

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: