About

De Waal is op 7 Mei 1942 in Pretoria gebore.

Sy vader was ’n polisie-offisier en is baie verplaas tussen verskillende poste. Dit het beteken dat De Waal ses verskillende laerskole bygewoon het, almal in die Johannesburg-omgewing.

Van Standerd 6 (Graad agt) tot in matriek (1959) het hy in Krugersdorp gewoon en in die Hoërskool Monument skoolgegaan. Hy het sy senior jare daar in die koshuis deurgebring.

In 1960 het De Waal drie jaar medies gestudeer aan die Universiteit van Pretoria, maar nie sy graad behaal nie. Hy het eers as staatsdiensklerk gewerk, daarna as adjunk-redakteur van die destydse polisietydskrif. In 1967 his hy aangestel as ’n kopieskrywer in ’n reklameagentskap in Johannesburg. In 1968 het hy gewerk as ’n radio-omroeper by die Afrikaanse Diens van die SAUK. In 1969 het hy tereggekeer na die reklamewese waar hy die res van sy loopbaan as werknemer deurgebring het.

In 2000 het hy uitgetree met die posisie van skeppende direkteur en onafhanklik begin werk.

De Waal het sy eerste digbunddel (Kiem) in 1962 gepubliseer en daarn nog digbundels, kinderverhale, jeugromans, radio en TV-dramas, kortverhale en ’n film-draaiboek.

Hy het sedertdien nog ’n jeugroman in Engels (The Great Stir Trial) by die Amerikaanse POD maatskappy Lulu.com gepubliseer. Verder skryf hy gereeld poësie in Engels en Afrikaans en plaas dit op sy blog Poetry en poësie. Hy vertaal ook poësie uit verskillende Europese tale.

De Waal is getroud met Erla, ’n arbeidsterapeut. Hulle woon op  ’n boomryke erf in Krugersdorp. Hulle het vier volwasse kinders en vyf kleinkinders.

Jongste gedigte.

De Waal verwelkom die wêreld, ondersteun deur sy ouers, Lucy en Frans

De Waal (4) en sy broer (2) Georg Frederik

Advertisements

2 responses to “About

  • Ndaba

    Congrats: Launch of poetry volume

    l would be happy if you could assist Writers Get Together to publish one of our poetry anthologies: It`s Time.

    l look forward to hearing from you.

    Regards,

    Ndaba Sibanda
    WGT chairperson

    • De Waal

      Thanks Ndaba.

      I can’t get through to SABook with your link. Can you send me your e-mail address? I will only be available until Sunday. I’m going away until 21 December.

      De Waal

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: